-
Kry jou
geldsake
in orde!Bou rykdom met hierdie
Raar
stap-vir-stap plan
maar waarHoe 'n hartaanval na geld
Liefde tot
in die bank gelei het
in lengte
van dae...2 besluite om te neem
voor julle saam intrekHoe om jou gesin te
...en as
beskerm as hulle agterbly
dit nie
uitwerk nieEgskeiding: 3 dinge
wat jy moet weetInsig
Welkom in 'n sterk nuwe jaar met 'n splinternuwe Bold! Soos altyd bevat dit toepaslike, aktuele en insiggewende inligting om jou finansiële besluite makliker te help maak – net soos ons dit makliker gemaak het om Bold deur te blaai. Ons is bly om saam met jou op reis te wees – en met jou volgehoue terugvoering sal Bold jou behoeftes beter verstaan en meer kan bied waarvan jy hou. Daarom wil ons graag hê dat jy ons meer van jouself vertel. Beantwoord asseblief ses maklike vrae en jy kan 'n prys van 'n R10 000 Old Mutual Max Investment losslaan.
Bold wil jou help aanpas in 'n immer veranderende en uitdagende wêreld. Ongeag jou lewensfase, en of jy 'n nuwe verhouding begin, geskei is of nadink oor jou gesin se nalatenskap, hierdie uitgawe van Bold gee jou insig sodat jy kragtige besluite kan neem. As jou vennoot, wil ons jou aanmoedig op jou persoonlike pad na finansiële vryheid. Daarom het ons vir jou 'n stap-vir-stap gids tot die proses van welvaartskepping saamgestel.
Groete, Dashni Naidu
Kleinhandel (Welvarende Mark): kommunikasie- & bemarkingsbestuurder
Old Mutual bied jou met trots musiek vir
die somer. Klik hieronder om die programme
af te laai vir:
As 'n Bold-leser, het jy toegang tot sommige van die skerpste finansiële breine in Suid-Afrika, wat kan verklaar hoe die wêreldekonomie jou persoonlike finansiële beplanning raak.
Wat kan ons in 2012 van die
ekonomiese klimaat verwag?Hoe sal dit my
beleggings beïnvloed?Die slegte nuus is dat die
Europese finansiële krisis nog
nie opgelos is nie en...En, soos altyd wanneer dit by
beleggings kom, is die vertrekpunt
om te vra: hoekom belê ek, of
waarvoor is hierdie belegging?Gelukkig het Suid-Afrika die
wêreldstorm goed deurstaan...Suid-Afrika het inderdaad
sy finansies beter bestuur
as die meeste ontwikkelde
lande. Dis iets om op
trots te wees.Rian le Roux, hoof van ekonomiese
navorsing by Old Mutual Investment Group, SAIzak Odendaal, navorsingsanalis
by Fairbairn CapitalKlik hier vir die
volle gesprekRian:
Die slegte nuus is dat die Europese finansiële krisis nog nie opgelos is nie en waarskynlik nog 'n geruime tyd markonbestendigheid sal veroorsaak. Die goeie nuus, ten minste tans, is dat die meeste inkomende ekonomiese data nie op 'n wêreldresessie dui nie, in teenstelling met die subprima-krisis van 2008/2009, wat 'n diep resessie ontketen het. Ons moet egter in ag neem dat indien die Europese krisis vererger, dit wel nog 'n resessie kan afgee. In die geheel kan ons in 2012 stadige maar volgehoue ekonomiese groei en lae wêreldwye rentekoerse verwag – maar die markte sal onbestendig bly solank beleggers hulle verknies oor die onseker finansiële situasie in Europa en die moontlike impak daarvan op die wêreldekonomie. Wêreldwye ekonomiese en markrisiko's het die afgelope paar maande beslis skerp gestyg.
Izak:
En, soos altyd wanneer dit by beleggings kom, is die vertrekpunt om te vra: hoekom belê ek, of waarvoor is hierdie belegging? As jy vir jou aftrede jare van nou af belê, behoort onbestendigheid oor die volgende paar maande jou nie te pla nie. Trouens, jy kan markinsinkings gebruik om meer aandele te koop. Maar as jy jou geld in die volgende jaar of twee nodig het (byvoorbeeld vir 'n groot vakansie), moet jy versigtig wees. Die probleem, soos Rian sê, is dat rentekoerse amper oral laag is – ook in Suid-Afrika. Daarom sal konserwatiewe beleggings nie veel oplewer nie. Jy moet besluit: Is opbrengs op kapitaal of teruggawe van kapitaal belangriker oor die volgende paar jaar?
Rian:
Gelukkig het Suid-Afrika die wêreldstorm goed deurstaan, danksy ons relatief gesonde fiskale situasie, maar soos die onlangse verswakking van die rand wys, kan ons wêreldgebeure nooit volkome ontduik nie. Staatskuld is nogal laag (omtrent 40% van BBP – in vergelyking met 170% vir Griekeland en omtrent 100% vir die VSA). Maar ons moet ook die gordel intrek oor die lang termyn, wat minder ruimte vir belastingverlagings in 2012 skep en strenger beheer oor staatsbesteding noodsaak.
Izak:
Suid-Afrika het inderdaad sy finansies beter bestuur as die meeste ontwikkelde lande. Dis iets om op trots te wees, maar ons kan nie op ons louere rus nie. As verbruikers het baie van ons die afgelope paar jaar gewoond geraak om die partytjie aan die gang te hou met belastingverlagings en salarisverhogings. Volgende jaar gaan heel moontlik taai wees. Hoewel inkomstebelastingkoerse (nog) nie noodwendig gaan styg nie, sal ander kostes vinniger bly styg as die algemene inflasiekoers – soos munisipale en elektrisiteitstariewe, nuwe tolgelde (Gauteng), hoër lughawebelasting, ens. Voeg hierby gedempte ekonomiese groei waar maatskappye nie ruim salarisverhogings kan bekostig nie en 'n rentekoersverhoging teen die einde van 2012, en die gemiddelde verbruiker is in die knyp. In moeilike omstandighede speel spaar vir aftrede dikwels tweede viool. Dis 'n fout, want 'n belegger se grootste vriend is tyd.
Rian:
Hoewel die plaaslike ekonomiese herstel sal voortgaan, verwag ons groei van omtrent 2% in 2012, omdat ons nie stadiger wêreldgroei volkome sal kan ontduik nie. So 'n groeikoers is ver onder wat nodig is om werkloosheid beduidend te verminder, maar dis baie beter as die plaaslike ekonomie se inkrimping van byna 2% in 2009 ná die subprima-krisis van 2008. Die kerndryfveer vir die herstel was groter verbruikersbesteding, danksy lae inflasie en rentekoerse, en loonaanpassings bo inflasie. Dit behoort in 2012 voort te duur maar teen 'n baie stadiger pas, want hoër inflasie verminder huishoudelike koopkrag. Die swakker rand sal SA se uitvoerders baat, maar ingevoerde goedere duurder maak vir verbruikers. Inflasie behoort in 2012 'n spits te bereik tussen 6% en 7%, voordat dit weer sal terugsak. Dit is egter onwaarskynlik dat dié hoër inflasie die Reserwebank sal noop om rentekoerse in die nabye toekoms te verhoog. As die rand en oliepryse ten minste op huidige vlakke stabiliseer, kan koerse dieselfde bly deur 2012, hoewel verbruikers hulle moet voorberei dat koerse uiteindelik sal styg.
Izak:
Hoewel dit 'n omgewing is wat deur trae wêreldwye en plaaslike ekonomiese groei gekenmerk word, kan ons nie die soort aandele-opbrengste van die afgelope dekade verwag nie. Ongelukkig het sommige beleggers gewoond geraak dat sterk markte vergoed vir te min spaar. Eweneens is baie konserwatiewe beleggers bederf met baie hoë reële rentekoerse oor die laaste dekade. As Rian se voorspelling reg is, sal geldmarkfondse waarskynlik negatiewe reële opbrengste (na inflasie) lewer in 2012. Met ander woorde, dis 'n moeilike tyd vir beleggers omdat nie een van die hoofbateklasse (aandele, effekte, genoteerde eiendom, kontant) besonder aantreklik lyk nie. Dis die tipe omgewing waar finansiële adviseurs werklik waarde kan toevoeg deur gepaste gediversifiseerde portefeuljes vir elke beleggingsbehoefte op te stel. Ten slotte, hoewel 'n swakker rand uitvoerders sal bevoordeel, verhoog dit wel Suid-Afrikaners se lewenskoste, sê Rian. Kyk na jou individuele omstandighede en praat met jou finansiële adviseur of makelaar oor 'n gepaste blootstelling aan randverskanste bates, insluitende buitelandse beleggings.
Klik hier vir sewe gesonde beleggingsbeginsels.
Omdat belegging die sleutel is tot jou toekomstige sekuriteit, is toegang tot die beste inligting en praktiese advies noodsaaklik. Daar's geen plaasvervanger vir gesonde, objektiewe finansiële advies nie. Dis beter om in oorleg met jou finansiële adviseur of makelaar beleggingsbesluite te neem wat jou individuele behoeftes en doelwitte in ag neem. As jy finansiële advies nodig het, skakel 0860 WISDOM (0860 947 366) of e-pos advice@oldmutual.com en ons help jou graag.
Vrywaring: Die inligting hierbo is bloot 'n vooruitskouing gebaseer op huidige ekonomiese data oor die verwagte ekonomiese klimaat vir volgende jaar. Dit kan verander en word nie as advies beskou nie.Mense
Van
krag tot
krag
Dit sou verregaande wees om te sê
Alvin Bredenkamp se hartaanval het
'n hup in sy stap gesit. Maar soos
elke donker wolk 'n silwer randjie het,
het dié skrik-ervaring hom weliswaar
ekstra geld in die sak gebring om
te belê. Hier's wat gebeur het.Aanvanklik het Alvin, 'n IT-bestuurder van Kaapstad, gedink hy't sooibrand. Maar toe die pyn een Maart-oggend so erg word dat dit hom wakkermaak, het hy besef daar's groot fout. Hy't sy vrou, Risa, wakkergemaak en hulle is hospitaal toe.
'Die EKG was onbeslis maar die bloeduitslae het my wêreld geruk: hulle het bevestig dat ek 'n hartaanval gehad het en onmiddellik 'n angiogram nodig het. Dokters het twee stente ingesit om die verstopte slagare oop te hou.'
Alvin, 48, is 'n versigtige man. Hy't 'n goeie mediese fonds en het belê in 'n Greenlight Ernstige Siekte-voordeel. Hoewel hy gerook het, was hy redelik aktief en 'n matige drinker, en het gereeld mediese ondersoeke gehad, so hy het nie soos 'n waarskynlike kandidaat vir 'n hartaanval gelyk nie. Maar in die weke voor die aanval het hy wel een simptoom geïgnoreer: as jy gedurig afgemat voel, moenie uitstel om vir 'n mediese ondersoek te gaan nie.
'Terwyl dit alles gebeur het, het ek
nie geweet of ek 'n opehartoperasie
nodig sou hê, of my mediese fonds sou
betaal, of selfs of ek sou oorleef nie!
In al die onsekerheid was Greenlight
my veiligheidsnet.'Uitmuntend
Nadat sy hartaanval bevestig is, het Alvin se Greenlight Ernstige Siekte-voordeel 100% van die dekkingsbedrag uitbetaal, selfs al was dit 'n redelik ligte hartaanval. 'Danksy my mediese fonds was dit nie nodig om die hele uitbetaling te gebruik nie – ek kon die res belê vir my aftrede.'
Klik hier vir meer
inligting oor Greenlight.
'Hartaanvalsimptome
varieer,' sê Dr Peter Bond,
Old Mutual se hoof mediese
beampte. 'En by vroue is
simptome dikwels anders.'
Klik hier
om meer te lees.Luister na
die dokter
Dr Peter Bond, hoof mediese beampte by Old Mutual, sê dis 'n fout om aan te neem dat 'n hartaanval altyd as borspyn sal presenteer. Daar kan pyn tussen die skouerblaaie, om die kakebeen en gesig, en in enige van die twee arms voorkom.
Vroue, wat gewoonlik ouer is wanneer hulle 'n hartaanval kry, en meer ernstige aanvalle kry, ervaar meestal meer van die 'ongewone' simptome as wat mans ervaar.
Só kan jy jou risiko verlaag
Ken jou familiegeskiedenis en, as jy rook, hou op!
Hou jou bloeddruk dop: 'n Ideale lesing is 120mm HG oor 80mm HG.
Ken jou cholesterol-lesing: Totale cholesterolvlakke moet onder 5,2mmol/L wees, en selfs laer in persone wat risikofaktore vir hartsiekte het, soos Tipe 2 diabetes.
Pas jou dieet aan: Vermy versadigde vette en eet kosse ryk aan poli-onversadigde vette en vesel. Peusel aan okkerneute, amandels, kasjoeneute, rooibosbessies en pampoenpitte, en eet hawermout en semels.
Loop vir gesondheid: 'n Flink stappie wat jou hartklop verhoog na 120 tot 130 slae per minuut vir 30 tot 45 minute per dag sal bloedvloei verhoog.
Verminder abdominale
vet: Vir mans
verdubbel die
risiko met 'n
middelmaat bo
94cm, en vir
vroue, bo 80cm.
Algemene en/of ongewone moegheid
Naarheid
Kortasemigheid
Koue sweet of klammigheid
Duiseligheid
Lewe
Sake van die hart
Nie alleen kan geld nie liefde koop nie, maar dis ook dikwels die rede hoekom
verhoudings versuur, veral wanneer jou uitkyk op geldsake verskil van jou maat s'n.
Ongeag jou ouderdom en lewensfase, deeglike, eerlike beplanning en 'n paar wenke oor die
slaggate kan jou hart – en jou beursie – skade spaar.Die pad saam
'Ek gaan haar vra om te trou.
Ek is seker sy sal ja sê,
maar wat sal die implikasies
wees vir ons geldsake?' Klik hier
om die verskillende
huwelikskontrakte beter te verstaan.'Hoe gaan ons ons
finansies hanteer noudat ons
saamwoon? Hy wil hê ons
moet een bankrekening deel,
maar ek sal liewer my
eie geldsake wil bestuur.' Klik
hier hier vir goeie finansiële
verhoudingsreëls.Gaan terug
Verhoudingsreëls
Selfstandig maar gelyk
'Hou julle bates en laste elkeen in julle eie name om later probleme te vermy. Dis selfs nog belangriker as een van julle 'n besigheid besit, want daar kan beslag gelê word op dié persoon se ander bates as die besigheid gelikwideer word,' sê Soré Cloete, 'n senior regsadviseur by Old Mutual.
Hoeveel onse in jou pond?
Sommige paartjies betaal gemeenskaplike uitgawes uit een rekening waartoe albei bydra. Maar daar's geen vaste reëls nie: julle kan ooreenkom op verskillende areas van geldelike verantwoordelikheid – een betaal byvoorbeeld die huur en die ander koop kruideniersware. 'Moet nooit julle albei se volle inkomste in 'n gesamentlike rekening plaas nie,' raai Soré aan.
Jou skuld is jou eie
Dis uiters belangrik om totaal eerlik met mekaar te wees oor wat en hoeveel julle skuld. As een skielik nie kan bydra tot gesamentlike uitgawes nie, kan dit julle verhouding negatief affekteer. 'Moet onder geen omstandighede jou maat se skuld oorneem of as medeondertekenaar optree nie,' beklemtoon Soré.
Huwelikskontrakte
Die einde van 'n huwelik – hetsy deur dood of egskeiding – is die laaste ding waaraan julle wil dink as julle 'n lewe saam beplan. Maar julle sal die implikasies van hierdie opsies saam moet oorweeg en bespreek voor julle die knoop deurhak:
1. Binne gemeenskap van goedere:
Een gesamentlike boedel word geskep en elke eggenoot het 'n 50%-aandeel daarin. Alle bates en laste, insluitende bestaande skuld, voor en ná die huwelik (behalwe spesifieke uitsluitings) vorm deel van die gesamentlike boedel. Jy loop die risiko om alles te verloor as jou maat se besigheid vou, want al julle bates en laste is in dieselfde mandjie. As julle nie huweliksvoorwaardes (die twee opsies hieronder) opgestel het nie, is julle outomaties binne gemeenskap van goedere getroud.
2. Buite gemeenskap van goedere sonder aanwas:
Julle behou elkeen julle afsonderlike boedels ná die troue en hulle word nie gedeel nie. Alhoewel dit beteken dat jou eggenoot se finansiële terugslag nie jou geld in gevaar stel nie, kan dit wel onregverdig wees teenoor 'n vrou wat jare lank haar inkomste prysgee om tuis te bly en die kinders groot te maak.
3. Buite gemeenskap van goedere met aanwas:
Julle behou elkeen julle afsonderlike boedels ná die troue maar deel in die groei van julle onderskeie boedels ná die troue. Julle het ook albei die reg om te deel in die groei aan die einde van die huwelik, hetsy deur dood of egskeiding.
As jul paaie skei
Gaan julle uitmekaar? Klik hier vir drie
belangrike geldsake om te oorweeg wat
jou kan help om weer op jou voete te kom.Gaan terug
1. Hou aftrede in gedagte
As die eggenoot van 'n lid van 'n aftreefonds, kwalifiseer jy moontlik vir voordele uit die fonds ten tyde van 'n egskeiding, in plaas van te wag tot jou maat aftree. (Dit sal bepaal word deur jou huweliksbedeling.) Die voordeel kam in kontant uitbetaal word, maar dit sou slim wees om in jou toekoms te belê deur dit oor te plaas na jou eie aftreefonds.
2. Neem lewensversekering uit op jou eggenoot se lewe
Veral vroue moet proaktief wees om dekking uit te neem op hulle eggenoot se lewe, eerder as om dit aan hom oor te laat, sê Sylvia Walker, markontwikkelingsbestuurder van Old Mutual. 'Dis die beste manier om jou finansiële sekuriteit te verseker, ongeag wat die toekoms inhou,' sê sy. 'As julle kinders het, sal lewens- en ongeskiktheidsdekking op die lewe van die eggenoot wat onderhoud betaal ook verseker dat onderhoud beskerm is.' Onthou, hierdie 'onderhoudsversekering' moet deel vorm van die egskeidingsooreenkoms.
3. Oor onderhoud
Wanneer die omvang van onderhoud bepaal word, neem in ag dat die duur van die huwelik saam met julle ouderdomme, kwalifikasies en finansiële middele oorweeg word. Wanneer minderjarige of afhanklike kinders betrokke is, sal besluite oor betalings en verantwoordelikhede gebaseer word op die finansiële middele van beide ouers.
Jou
nalatenskap
Moenie dat jou dood jou gesin
in geldelike moeilikheid dompel nie.
Klik hier om uit te vind
hoe jy hulle toekoms kan beskerm.'Hy't gesorg dat ek genoeg het'
Toe haar man Bruce oorlede is,
was Dawn Martin (59) verlig dat hy jare vantevore aangedring het dat sy haar eie bankrekening oopmaak. 'n Lewenspolis wat direk in haar rekening betaalbaar is, het in haar behoeftes voorsien toe hy dood is. Hierdie soort beplanning is lewensbelangrik, want 'n bestorwe boedel kan omtrent ses maande
neem om af te handel, en
oorlewendes se uitgawes stop nie gedurende hierdie tyd nie.Gaan terug
Stel 'n boedelplan op
'n Boedelplan – 'n finansiële plan vir jou dood – is lewensbelangrik, veral as jy afhanklikes het. Afgesien van die betaling van die eksekuteursfooi, moet die plan ook voorsiening maak vir die volgende:
1. Laste: insluitende verbandpaaiemente en ander skuld.
2. Kapitaalwins- en boedelbelasting: hoe jou bates van die hand gesit word en aan wie, sal bepaal of hierdie belasting betaalbaar is. 'Die bemaking van bates aan 'n eggenoot sal die kapitaalwins- en boedelbelasting met die dood van die eerste eggenoot beperk,' sê Soré Cloete, senior regsadviseur by Old Mutual. 'Maar hierdie bates word dan by die oorlewende eggenoot se afsterwe belasbaar.'
3. Jou maat en gesin se behoeftes: 'n kapitaalbedrag kan vasgestel word hiervoor, deur inflasie, groeikoerse en lewensverwagting in ag te neem.
In swart op wit...
In die afwesigheid van 'n testament, bepaal die Wet op Erfopvolging by versterf dat jou boedel deur familielede geërf sal word. Hoewel dit verhoudings tussen lede van dieselfde geslag erken ingevolge 'n hofbeslissing in 2006, maak dit nie voorsiening vir heteroseksuele gemeenregtelike paartjies nie. ''n Behoorlik opgestelde, geldige testament sal verseker dat jou wense vervul word,' sê Soré.
Wat van my skuld?
Jou eksekuteur sal jou uitstaande skuld moet vereffen. 'As daar nie genoeg likiede bates in jou boedel is nie, sal die eksekuteur sommige bates moet verkoop,' waarsku Soré. 'En as jy binne gemeenskap van goedere getroud is, word jou skuld na jou eggenote oorgedra wanneer jy doodgaan.'
Beskerm jou erfgename
Die versigtige beplanning en bewoording in jou testament sal jou begunstigdes teen krediteure beskerm. Vra advies oor hoe om bates te bemaak aan 'n diskresionêre trust, wat nie deel vorm van die persoonlike boedels van jou begunstigdes nie. 'n Onafhanklike persoon wat nie as begunstigde benoem is nie en verkieslik nie 'n familielid is nie, word as trustee van die trust benoem.
Geld
Op pad na
finansiële vryheidHier is 'n beproefde padkaart om jou na almalse droombestemming te neem: finansiële vryheid.Moet net nie huiwer om die regte mense langs die pad vir aanwysings te vra nie!
'Jy kan rykdom skep as
jy by 'n eenvoudige
stap-vir-stap plan hou.'Klik op die padtekens vir aanwysings na
die pad van rykdom.Lizl Budhram, gesertifiseerde
finansiële beplanner.
Werk uit hoeveel jy uitgee, wat jy skuld en waar jy op jou uitgawes kan sny. Die meeste Suid-Afrikaners skuld meer as wat hulle kan bekostig. Dis uiters belangrik dat jy binne jou inkomste lewe en steeds genoeg geld oor het om te spaar.
Klik hier om 'n maklike begrotingsplan af te laai sodat jy kan begin.
Beskerm jouself teen onverwagte gebeure wat jou maklik kan laat ontspoor op jou pad na rykdom. 'Risikodekking soos lewens- en korttermynversekering moet in plek wees voor jy enigsins verder kan gaan,' sê Lizl.
Spaar vir 'n bufferfonds in geval van nood. ''n Goeie praktiese reël is drie maal jou bruto maandelikse salaris,' sê Lizl. En weerstaan die versoeking om hiervan te gebruik tensy dit 'n ware noodgeval is!
Ons praat nie hier van 'goeie', nodige skuld soos huislenings en motorpaaiemente nie, maar van kredietkaarte, winkelrekeningkaarte en oortrokke rekenings – daardie wentelkrediet wat so gerieflik is maar baie van jou maandelikse inkomste vereis om terug te betaal. 'Betaal eers die skuld af met die hoogste rentekoers, soos kredietkaartskuld,' beveel Lizl aan. Sodra dit uit die weg geruim is, betaal die ekwivalent van hierdie paaiement af teen die skuld met die volgende hoogste rente. Moenie die totale bedrag verminder tot al jou skuld afbetaal is nie – só sal jy geld op rente bespaar en vinniger uit die skuld kom.As jy voel skuld kry jou onder, skakel Debt Solutions by 0860 666 607 vir praktiese hulp en advies, of klik hier vir meer inligting.Die regte beleggingsproduk vir jou hang volkome af van jou persoonlike behoeftes en omstandighede, sê Lizl. 'Dis nou beslis tyd om 'n finansiële adviseur te vra om al die toepaslike faktore te ontleed en jou te help besluit.'- Aftrede Hoewel almal se portefeuljes verskil, is daar een noodsaaklike belegging wat ons almal moet hê: 'n aftreefonds. Hoe jonger jy begin, hoe beter natuurlik, maar dis nooit te laat om te begin spaar nie. 'Moenie hierdie advies ignoreer omdat jy 'n pensioenfonds by die werk het nie. Maak seker dit sal genoeg fondse by aftrede voorsien. Indien nie, sal jy dit met nog 'n polis moet aanvul,' waarsku Lizl.- Bepaal jou doelwitte Stel vas waarvoor jy spaar (om te betaal vir 'n huis / onderrig / droomtroue) en hoe lank dit waarskynlik sal neem. Dié faktore bepaal die tipe belegging en termyn wat jy nodig het.- Ken jouself As jy spaardissipline het en waarskynlik jou spaargeld sal uitlos tot jy jou doelwit bereik, is 'n effektetrust dalk die antwoord – daar is verskeie effektetrustfondse beskikbaar sodat jy kan kies hoeveel risiko jy bereid is om met jou belegging te loop. As jy egter geneig is om geld te verkwis, het jy 'n beleggingsproduk nodig wat jou sal help om gereeld te spaar. Oorweeg 'n uitkeerplan wat addisionele koste kan vra as jy jou geld vroeg onttrek.- Klik hier vir sewe slim beleggingsbeginsels.Onthou – daar is geen plaasvervanger vir gesonde, objektiewe finansiële advies nie. Neem besluite in oorleg met jou finansiële adviseur of makelaar. Of skakel 0860 WISDOM (0860 947 366) en ons help jou graag.
'Die duurste en algemeenste fout wat mense maak is om hulle spaar- of aftreegeld voor aftrede of gedurende die beleggingstermyn te gebruik,' sê Lizl. 'Dit lei tot addisionele koste en verkort die beleggingstermyn, en boonop kry jy nie die volle voordeel van saamgestelde rente nie.'Moenie die fout maak om lewens-, ongeskiktheids- of korttermynversekering te kanselleer nie – dit stel jou bloot aan onnodige finansiële risiko.Beantwoord ’n
paar vinnige vrae en jy kan ‘n Old Mutual Max Investment
belegging van
R10 000 wen. Klik hier vir meer inligting.Hoe om die blaaie te navigeer
Gebruik die instrumente onder om jou weg te vind deur díe uitgawe
Die pyl wys na objekte waarop jy kan klik om meer inligting te sien.
As jy ’n opskietkassie klaar gelees het, klik die X om dit toe te maak.
Rol op of af deur ’n artikel met hierdie instrument.
Klik op die gemerkte voorwerpe en meer inligting oor spesifieke eienskappe sal verskyn.
Druk die SPEEL pyl om na ’n snit te begin kyk of luister. Druk RUS om dit te stop.
Hierdie neem jou na die Old Mutual Bold tuisblad waar jy toegang sal kry tot vorige uitgawes.
Klik hier om ’n paar vrae te beantwoord en ’n kans te staan om 'n Old Mutual Max Investment belegging van
R10 000 te wen!Klik hier om na MyPortfolio te gaan, waar jy jou kontakbesonderhede kan bybring en jou portfolio bestuur.
Jy kan enige tyd na enige blaai navigeer deur op die bladsynommer te klik.

